Die Tuin van Digters word steeds vanjaar in Wellington gehou, maar dit word terselfdertyd virtueel aangebied en is tot November uitgestel.
“Ons hou die regulasies dop om te kyk hoeveel mense ingevolge die staat van inperking teen daardie tyd wel byeenkomste mag bywoon,” sê Francois Lötter, feesorganiseerder en bestuurder van die Breytenbach-kultuursentrum waar die fees vanjaar die negende keer gehou word.
“Ons gaan die verskillende dele van die terrein so gebruik dat ’n gesonder afstand gehandhaaf kan word.”