Die digter en skrywer Adam Small se werk bly tydloos en relevant binne ’n letterkunde wat voortdurend groei en verander.
Aan die woord is Ronelda S. Kamfer, samesteller van ’n versamelbundel van Small se werk, Die maan is swart, wat die Hertzogprys-bekroonde digter, skrywer en aktivis se bydrae weer na vore bring. Dit verskyn later in Mei by Kwela.
In ’n onlangse wyd bekroonde musiek-en-woord-produksie Die poet, wie’s hy? van Dean Balie en Frieda van den Heever het dit aan die lig gekom hoe onbekend baie van Small se werk aan die publiek is.