As daar ’n flatervrye wenresep vir Suid-Afrikaanse misdaadfiksie bestaan, het Sally Andrew dit sekerlik vervolmaak met haar reeks ‘Tannie Maria mystery’-boeke. Jonathan Amid het pas die vierde aflewering, ‘The Milk Tart Murders’, gelees.
The Milk Tart Murders deur Sally Andrew. Uitgewer: Umuzi. Prys: R290.
Sally Andrew se eerste “Tannie Maria mystery”-boek het in 2015 verskyn en heet heel gepas Recipes for Love and Murder (2015), met talle regte resepte vir uitgehongerde lesers wat eenvoudig nie genoeg kan kry van ’n goeie misdaadverhaal nie.