Renée Rautenbach Conradie het as diplomaatsvrou in Parys haar kennis van dié stad met haar liefde vir historiese romans in haar debuutroman versoen. Elretha Britz het met dié oudjoernalis gesels.
“Bloedneus” was die manuskrip jare lank eenkant toe geskuif. Tien jaar, om presies te wees, tot 2019 toe Renée Rautenbach Conradie eindelik ’n uitgewer gevind het wat in haar manuskrip belang stel.
Dié oudjoernalis se debuutroman, Met die Vierkleur in Parys, speel af in die Franse hoofstad waar die skrywer vier jaar lank saam met haar diplomaatman, Leo Conradie, gewoon het.