KYK WEER: Chris Karsten gesels oor sy nuwe boek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Human & Rousseau en Netwerk24 het na ’n aanlyn gesprek aangebied oor Gerugte van ’n ontvoering deur die veelbekroonde skrywer Chris Karsten. Francois Bekker was in gesprek met Chris.

Meer oor die boek

Wanneer Harry Grimbeek asem skep tussen sy gevaarlike omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart nadat sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar weelderige dakwoning in Ponte Towers, wat sy deel met ’n erfstuk van groot sentimentele waarde: Jong vrou met boek, geskilder in die 1400’s deur die Vlaamse meester Petrus Christus.

Maar dan sterf sy skielik. Het haar eensame lewe inderdaad vir Gusta tot selfdood gedryf, soos die polisie bevind het? En wat van haar kosbare skildery wat uit haar woonplek verdwyn het? Van die oomblik dat hy in sy ma se dakwoning instap, kry Harry die reuk van ’n groot gekonkel. En die skuldiges sal aan die pen ry, die hele lot van hulle! Nie eens daardie parmantige Ella Neser gaan hom keer nie.

Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se oeuvre. ’n Beweerde moord, ’n beweerde ontvoering . . . Waar lê die grens tussen waarheid en leuen, tussen reg en verkeerd? Sal Ella tussen die twee kan onderskei?

Die bekroonde skrywer Chris Karsten gaan in gesprek tree oor sy splinternuwe boek, 'Gerugte van ’n ontvoering'. Foto: Wessel van Heerden

Bestel Gerugte van ’n ontvoering (Human & Rousseau) deur Chris Karsten by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.


Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos