KYK WEER | Marida Fitzpatrick gesels oor haar boek ‘Mara’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister


Tafelberg en Netwerk24 het ’n aanlyn gesprek aangebied oor Mara deur Marida Fitzpatrick. Jo Prins het met die skrywer gesels.

Die gesprek is op Donderdag 12 Mei om 20:00 op Netwerk24 uitgesaai en is gratis vir intekenare. Teken in op Netwerk24.com of laai die app af.

Meer oor die boek

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil.

Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom?

Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou.

Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

’n Boek wat jou aan die hart en aan die keel gryp.
– Francois Smith

Marida Fitzpatrick gesels met Jo Prins oor haar nuwe roman, 'Mara'.
Meer oor die skrywer

Marida Fitzpatrick is ’n skrywer en bekroonde joernalis. Haar skryfwerk is al met verskeie pryse en benoemings vereer. Haar vorige roman is ook vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns en ’n honneursgraad in joernalistiek – albei met lof. Mara is haar derde roman.

Bestel Mara (Tafelberg) deur Marida Fitzpatrick by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.

besig om te laai... Regstreeks
United States of America 310/5
Scotland 206/10
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos