Polsslag is nog ’n senutergende krimi deur Marie Lotz, die skrywer van Roofdier.
Drie raaiselagtige moorde in afgeleë bouvalle: Pretoria-Oos, Irene en Mamelodi.
Die oortreder word die Drieuur-moordenaar gedoop . . . Want al drie sy slagoffers is klokslag om 03:00 dood, oftewel verwurg, en een ledemaat geamputeer. Teen die muur staan telkens ’n slagspreuk in bloed geskryf.