Die skrywer en dramaturg Willem Anker het Dinsdag gereageer op verdagmakery oor plagiaat in sy Hertzogprys-bekroonde roman Buys: ’n Grensroman.
Dit volg op die skrywer Deborah Steinmair se rubriek in Vrye Weekblad oor ’n resensie van Buys se Engelse vertaling, Red Dog, in die Times Literary Supplement waarin Anker se teks met passasies uit die Amerikaanse skrywer McCormac McCarthy se roman Blood Meridian en Samuel Beckett se roman Molloy vergelyk word.
Anker het in ’n e-pos aan Netwerk24 geskryf: