Die Zimbabwiese skrywer en rolprentmaker Siphiwe Gloria Ndlovu het ’n Windham Campbell-prys van die Yale-Universiteit in die VSA losgeslaan.
Sy het in die fiksie-afdeling gewen.
Dié prys, wat in 2013 begin is, beloon Engelse skryfwerk en vestig die aandag op literêre prestasies en bied aan skrywers die geleentheid om sonder finansiële kommer op hul werk te fokus.