Ná 27 jaar van getroude lewe saam het die paartjie Bill en Melinda Gates Maandag ’n egskeiding aangevra en sê hulle dink nie hulle kan meer as ’n paartjie verder groei nie.
Hulle sal egter nie toelaat dat hul egskeiding die werk van die Bill & Melinda Gates-stigting beïnvloed nie.
Die paartjie voer in dokumente aan hul huwelik is beskadig, maar sê hulle het ’n ooreenkoms bereik oor hoe hulle hul bates sal verdeel.