Steve Hofmeyr (56) se Covid-19-simptome het binne 48 uur so vererger dat hy van net “ ’n nare bors” hê eindelik heeltemal platgetrek is.
“Dis ’n woelige siekte dié. Ek ken dit nie,” het hy op sy Facebook-blad geskryf.
Die sanger het Vrydagaand bekend gemaak dat hy positief vir die koronavirus getoets is, maar buiten vir “ ’n nare bors” het hy toe nog goed gevoel.