Die sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan (49) is middel September met leukemie gediagnoseer en het dadelik met chemoterapie begin.
Die prognose is baie goed en die kanker is reeds in remissie. Daar lê egter nog ’n lang pad voor met ’n stamsel-oorplanting in Februarie as deel van die behandeling.
“Ek was voor die diagnose vir so twee, drie weke lank konstant moeg,” sê Theuns.