Nog ’n Musk het die wêreld aan die gons en dié keer is dit niemand anders nie as Elon se ma, Maye Musk, wat eersdaags op die tydskrif Sports Illustrated se voorblad gaan verskyn.
Sy sal op 74 die oudste persoon tot dusver wees wat in haar baaikostuum op die tydskrif se voorblad verskyn.
CNN Style berig sy sê sy is baie opgewonde om vir vroue wat ook in hul 70’s is, te laat weet dat hulle steeds beeldskoon is.