Jennifer Aniston het sommer met die intrapslag die internet “gebreek” nadat sy Dinsdag ’n Instagram-rekening geskep het en ’n selfie van haar saam met haar Friends-medesterre geplaas het.
“Nou is ons vriende op Instagram ook,” het Aniston by haar eerste inskrywing geskryf nadat sy op dié sosialemediaplatform aangesluit het.
Aniston wat in die verlede aangedui sy wil nie op sosiale media wees nie, het uiteindelik ingegee en vir haar ’n rekening geskep.