Koningin Elizabeth het Saterdag vir die eerste keer in die openbaar oor haar man, die ontslape prins Philip, gepraat.
Die 95-jarige koningin, wie se somervakansie op Balmoral in Skotland agter die rug is, het Saterdag met die opening van die Skotse parlement in Edinburg gesê sy het al baie kere oor haar diep en volgehoue liefde vir Skotland gepraat, “en oor die gelukkige herinneringe wat prins Philip en ek altyd van ons tye hier gekoester het”.
Philip is vanjaar op 9 April dood, enkele maande voordat hy sy honderdste verjaarsdag sou vier.