Is jy op soek is na interessante feite oor die laaste maande van Diana, ontslape Prinses van Wallis, se lewe? Dan is die Twitter-profiel @DianaDayByDay net die plek waar jy daagliks inligting kan kry oor die laaste maande van dié vrou, op haar dag die bekendste vrou ter wêreld.
Die houer van dié rekening plaas in die aanloop tot die herdenking van Diana se dood op 31 Augustus twiets met foto’s of skakels na video’s of ander webwerwe.
Die eienaar van dié Twitter-rekening wil in ’n onderhoud niks oor sy of haar identiteit verklap nie, maar sê die idee het in 2007 ontstaan nadat hy/sy die Paget-verslag oor Diana se dood gelees het.