Lady Kitty Spencer is Saterdag in ’n asemrowende Victoriaans-geïnspireerde skepping deur die Italiaanse modehuis Dolce & Gabbana met die skatryk Suid-Afrikaanse sakeman Michael Lewis (62) getroud.
Die 30-jarige Kitty, broerskind van Diana, ontslape prinses van Wallis, het nie soos haar beroemde tante die Spencer-tiara gebruik nie.
Nuus oor die troue in Frascata, Italië, het op sosiale media begin uitlek toe van Kitty se vriende plasings op Instagram begin doen het. Die trourepetisie is Vrydagaand gehou in die villa wat asemrowende uitsigte op Rome bied.