Aardjie na sy vaartjie? En in sommige gevalle sommer ’n dubbeldoor- genetiese inspuiting van pa en ma se akteurs- of modelgene.
Die 21-jarige Brandon Lee Thomas, oudste seun van die Baywatch-godin Pamela Anderson en die Mötley Crüe-tromspeler Tommy Lee, is ’n suksesvolle model. Sy volgelinge op Instagram is net onder 95 000. Sy jonger broer, Dylan Jagger Lee, is net so aantreklik en was ook op die Milaan-modeweek te sien.
Die hartebreker-akteur van die 1980’s en 1990’s Daniel Day-Lewis, se seun, Gabriel-Kane Day-Lewis, het sy pa se diepblou kykers geërf. Sy ma, Isabelle Adjani, is een van die mees bekende Franse aktrises en sangeresse van haar tyd. Sy is onder meer vyf keer bekroon met die gesogte César-prys.