Om voluit te lewe en elke oomblik te waardeer. Dís van die Nuwejaarsvoornemens van ’n handvol bekendes.
“Net soos enige ander Suid-Afrikaner hoop en droom ek vir ’n beter en meer belowende 2021,” sê Percivale Young, nuusleser by eNuus. “Vanjaar het ek besef dat, vir die paar minute wat ek saans op die kassie is, ek die vermoë het om mense te inspireer of hoop te gee.
“Ek hoop om via my werk in die nuwe jaar ook aan te hou om glimlagte op mense se gesigte te probeer sit. So, kykers moet hulleself regmaak vir ’n selfs groter glimlag.”