Madonna het Woensdag uitgevaar teen kritiek oor haar voorkoms ná die Grammys Sondagaand.
Nadat foto’s van Madonna by die seremonie op sosiale media verskyn het, het mense op haar sosialemediaplatforms toegesak om haar voorkoms te bespot of oor kosmetiese chirurgie te bespiegel, berig The Guardian.
Madonna was op die verhoog om ’n vertoning van Kim Petras en Sam Smith bekend te stel nadat hulle vroeër die aand ’n Grammy gewen het vir hul lied, “Unholy”.