Die popster Michael Jackson se landgoed, Neverland, is aan ’n miljardêr verkoop vir slegs ’n kwart van die aanvanklike koopprys.
Die BBC berig Ron Burkle, ’n voormalige vriend van Jackson, het die landgoed teen $22 miljoen gekoop.
Die landgoed in Los Olivos, sowat 120 km noord van Los Angeles in Kalifornië, VSA, beslaan 1 100 ha. Dit is die eerste keer in 2015 vir $100 miljoen bemark.