Mackenzie Scott, ’n filantroop en een van die rykste mense ter wêreld en voormalige eggenoot van Jeff Bezos, stigter van Amazon.com Inc., is weer getroud.
The Wall Street Journal het Sondag die nuus gebreek dat sy met ’n onderwyser van Seattle, Dan Jewett, getrou het.
Jewett het ’n inskrywing op die webtuiste Giving Pledge, ’n filantropiese organisasie wat die wêreld se rykste mense aanmoedig om die grootste deel van hul rykdom aan welsynsorganisasies te skenk, bevestig dat hy en Scott getroud is.