’n BBC-verslaggewer het 26 jaar gelede die organisasie se redaksionele reëls verbreek deur van vals bankstate gebruik te maak om ’n eksklusiewe onderhoud met Diana, ontslape prinses van Wallis, te beklink.
Dit is die bevinding van ’n ses maande lange ondersoek na hoe Martin Bashir, die betrokke joernalis, te werk gegaan het.
The Telegraph berig eksklusief die bevinding, wat eers later vandag amptelik bekend gemaak word, is dat Bashir se gebruik van vals bankstate bedrieglik was.