Prins Andrew (61) en sy regsverteenwoordigers moet nou besluit oor die volgende stap nadat Virginia Giuffre Roberts (37) die seun van koningin Elizabeth in ’n hof in New York gedagvaar het.
Sy beweer hy het seks met haar gehad toe sy minderjarig was.
Roberts is volgens haar eie vertellings soos tientalle ander jong meisies in die web van die miljoenêr-sakeman Jeffrey Epstein – ’n vriend van Andrew – gelok. Epstein het Roberts, nou ’n getroude vrou met drie kinders wat in Australië woon, glo as ’n “sekssslaaf” (haar eie beskrywing) aan Epstein se ryk vriende “uitgeleen” – een van dié vriende was glo Andrew.