Prins Philip, ontslape eggenoot van koningin Elizabeth, sou Donderdag sy 100ste verjaardag gevier het.
’n Roos wat na die prins genoem is, is verlede week deur die Royal Horticultural Society by Windsor-kasteel aan die koningin oorhandig.
Buckingham-paleis het Woensdagaand, op die vooraand van wat die hertog van Edinburg se 100ste verjaarsdag sou gewees het, nuus oor die roos op sosiale media gedeel.