Dit was nie vir finansiële gewin nie, maar opreg en uit sy hart, sê Arnold en Ewald Coleske oor die lied wat Steve Hofmeyr as huldeblyk vir Theuns Jordaan geskryf en uitgereik het.
Willie Jordaan, Theuns se pa, sê egter hy glo die stemboodskap van Jordaan aan die begin en einde van die liedjie was eintlik net vir Hofmeyr se ore bedoel.
Die liedjie “Sing dan in die hemele” is op 26 November op Jordaan se begrafnis in Pretoria gespeel en is sedertdien al meer as 669 000 keer op YouTube gekyk.