Die akteur Tom Cruise, wat fliekgangers vanjaar gaande gehad het oor die rolprent Top Gun: Maverick, is weer in Suid-Afrika en is in Johannesburg gesien.
Dis te danke aan Mission: Impossible 8, wat gedeeltelik in Suid-Afrika verfilm word.
Cruise het Dinsdag by die luukse Killarney-buiteklub in Johannesburg in ’n Bell 407-helikopter geland.