Hoewel die Vrystaat-vleuel Rosko Specman die naweek sy rugbystewels vir trouskoene verruil het, het hy steeds Vrydagaand sy span se Curriebekerwedstryd teen die Lions in Johannesburg gekyk.
Specman en Amber Cupido het Saterdag op die Kleinevalleij-landgoed in Wellington trou aan mekaar beloof.
Die senuwees het Vrydagaand dus dubbeld geknou – vir sy span se wedstryd en sy groot dag.