Die Kaapse danser en choreograaf Kirvan Fortuin (28) se lewe is Saterdag onverwags kortgeknip. Christiaan Boonzaier berig oor sy lewe en werk.
“Dans is die enigste manier waar ek myself kan uitdruk. Deur dans kan ek by die waarheid uitkom. Dis my eerste taal. As ek wil iets sê, beter ek dit deur dans sê. Dis liefde. Dis haat. Dis alles.”
Só het die Kaapse danser en choreograaf Kirvan Fortuin (28) die betekenis en impak van dans op sy lewe in ’n 2018-insetsel op die kykNET-joernaalprogram Kwêla saamgevat.