Die choreograaf Veronica Paeper se opwindende produksie van die klassieke ballet Carmen gaan vir sewe opvoerings terugkeer.
Dit word van 28 September tot 2 Oktober in die Kunstekaap opgevoer. Dit kom ná ’n kort speelvak in Augustus toe die beperkte aantal kaartjies blitsig opgeraap is.
Dié verhaal van liefde, hartstog, verraad en wraak gryp gehore al sedert die 1800’s aan. Benewens as roman het dit ook as opera herleef.