DIE TESTAMENT: Ontmoet Jacques Weyers

akkreditasie

Die jong opkomende akteur Andahr Cotton vertolk die rol van Jacques Weyers (23) in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament, wat vanaf 2 September op Netwerk24 uitgesaai gaan word.

Andahr Cotton as Jacques Weyers.
Andahr Cotton as Jacques Weyers.

Jacques Weyers (23) is die rebel van die Weyers-gesin.

Hy is jonk en kwaad en is nooit werklik deur die gesin aanvaar nie, omdat sy ma dood is tydens sy geboorte.

Andahr Cotton as Jacques Weyers.
Die jong opkomende akteur Andahr Cotton vertolk die rol van Jacques Weyers in Netwerk24 se sepie Die Testament.

Die enigste mens vir wie hy lief is, is Annchen wat haar bes probeer het om ’n soort ma-figuur vir hom te wees, al was sy self maar net ’n tiener.

Jacques is ’n vrygees. Hy bly steeds in die huis nadat hy twee keer opgeskop het en jaag nou sy droom na om ’n musikant te word terwyl hy deur die familiebesigheid se bemarking- en kommunikasie-departement betaal word (alhoewel hy nie veel doen nie).

Hy is aantreklik, maar opstandig teen enige vorm van outoriteit en gee daarom nie om hoe hy aantrek nie en kan aspris uitlokkend wees. Dit voel of sy pa se dood sy kans is om werklik weg te breek uit hierdie gemaksone.

Jacques wil niks anders behalwe sy (kontant)erfporsie kry nie en wil daarna so ver as moontlik wegkom van sy gesin.

Hy is haatdraend teenoor sy suster (omdat sy hom gelos het), teenoor sy broer (omdat hy te voorbeeldig is) en teenoor sy pa wat nooit in hom geglo het nie. Maar aan die einde het hy sy familie baie nodiger as wat hy besef.

Die Testament op Netwerk24

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur VIA en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n episode van vyf minute van Die testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk

Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 127/5
New Zealand 134/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.86
-1.1%
Rand - Pond
20.44
-1.0%
Rand - Euro
17.22
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.14
-1.1%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,792.00
-0.9%
Silwer
24.05
-2.2%
Palladium
2,009.00
-2.5%
Platinum
1,035.14
-2.8%
Brent-ruolie
85.99
+0.5%
Top-40
61,025
+1.0%
Alle aandele
67,615
+1.0%
Hulpbronne 10
63,620
+0.3%
Industriële 25
87,147
+1.5%
Finansiële 15
14,027
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos