Linden is een van die beste buurte in die hele land vir ’n Afrikaanse fees!
Dit is die reaksie van Frank Opperman, ambassadeur van Aardklop, op die nuus dat die Goudstad se dekades lange versugting na ’n hoofstroom-kunstefees beantwoord is: Aardklop kom Linden toe.
Boonop spog die fees – wat as deel van sy opwipmodel ook steeds in Potchefstroom en Pretoria teenwoordig gaan wees – met ’n nuwe naam en hoofborg. Dit heet nou amptelik Momentum Beleggings Aardklop.