Die Aardklop Nasionale Kunstefees se hoofaktiwiteit keer volgende jaar terug na Potchefstroom.
Dit is Vrydagaand op die fees se Hartsvriende-toekenningsaand in Momentum Beleggings – die fees se naamborg – se hoofkantoor in Centurion aangekondig.
“Dit is met groot opwinding dat ons kan aankondig dat Aardklop weer eens ’n langtermyn-ooreenkoms met die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus kon sluit, en dat vakansiedatums uiteindelik weer mooi saamspeel,” het Alexa Strachan, uitvoerende hoof van die fees, op die geleentheid gesê.