Die Bietjie Bos-fees vind die naweek in Thabazimbi in Limpopo plaas met die Springbokke se kragmeting met die All Blacks wat op ’n grootskerm vertoon sal word en vertonings van kunstenaars soos Spoegwolf, Early B, Valiant Swart en vele meer.
Feesgangers kan hulle gereed maak vir ’n naweek van musiek, vermaak en kampering in die Bosveld. Die hele gesin is welkom.
Daar is kampeerplek, kroeë en kosstalletjies.