Swart Vrydag geld ook die Musiekindaba in Stellenbosch. Van Woensdag tot Maandag (23 tot 28 November) is daar ’n spesiale afslag van 50% op kaartjies vir die Musiekspyskaart-konserte.
Groot name soos Coenie de Villiers, Anton Goosen, Arno Carstens, Andriëtte Norman, Neil Sandilands, Jack Parow, Early B, Rocco de Villiers en Tarryn Lamb is van die kunstenaars wat op verhoë in en om Stellenbosch optree.
Die Toyota US Woordfees is ’n trotse vennoot van die eerste Musiekindaba, wat van 30 November tot 3 Desember in Stellenbosch plaasvind. Dit beloof nie net om rolspelers, kunstenaars en aanhangers in die musiekbedryf bymekaar te bring nie, dit gaan ook vir vermaak uit die boonste rakke sorg.