Te danke aan die Covid-19-pandemie is die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) nou immer teenwoordig, want was dit nie vir die verpletterende maatreëls nie, sou opnames van verhoogproduksies nie gemaak word nie en sou kunsteliefhebbers dit nie buite feestyd kon sien nie.
Voor die pandemie was die KKNK beperk tot ’n week of twee in Maart of April in Oudtshoorn. Nou kan feesgangers tuis bly en met die druk van ’n knoppie inskakel op kykNET of YouTube of die KKNK-webwerf om van die fees se topproduksies te beleef.
Hoewel niks die opwinding van die feesatmosfeer kan vervang nie, kan feesliefhebbers troos vind in dié alternatiewe meevallers op hul skerm totdat die kunstelewe weer na normaal terugkeer.