‘Bloed en bodem’ stem jou tot nadenke

akkreditasie
Carla Smith, Stian Bam en Albert Pretorius in Bloed en bodem.Foto: Verskaf
Carla Smith, Stian Bam en Albert Pretorius in Bloed en bodem.Foto: Verskaf

Die dramaturg Marina Albertyn se jongste drama Bloed en bodem lewer ’n uitklophou soos haar Melk & vleis verlede jaar op die Karoofees.

Dié treffer van verlede jaar se Aardklop-kunstefees is een van die sterkste dramas hier, perfek gekies vir die 25ste Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se tematiek van terugkyk en besin, maar ook as bestekopname van die hede. Hier word die gehoor gedwing om oor ou sekerhede – daardie wat kwansuis in bloed geskryf is – na te dink. Bloed is dalk tog nie dikker as water nie en grond (bodem), kan dit dan net met sweet en geld gekoop word? Albertyn wys ook toksiese manlikheid uit en gaan grawe vir die wortels daarvan.

Dit speel af op ’n ou familieplaas wat deur voorgeslagte opgebou is. Vroeëre geslagte kyk van ou familieportrette na die gebeure op die verhoog. Die nuwe geslag is aan die agteruit boer – die boer, gespeel deur Albert Pretorius, word geteister deur die verlede – spesifiek sy ervaringe in die Suid-Afrikaanse bosoorlog. Snags drink hy homself pap om te vergeet, maar sy duiwels besoek hom as nagmerries. Sy en Johan, sy broer, se ervaringe aan die grens het groot verskrikking ingehou – dit blyk dat sy broer nie geskaad is nie, dat hy vergeet het van die grutyd en dat hy “normaal” aangaan met sy lewe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
England (w) 0
South Africa (w) 284/10
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 408/10
Bangladesh 234/10 & 132/6
Rand - Dollar
15.85
-0.2%
Rand - Pond
19.45
-0.4%
Rand - Euro
16.78
-0.7%
Rand - Aus dollar
10.97
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,822.63
-0.3%
Silwer
21.16
+0.1%
Palladium
1,875.50
-0.3%
Platinum
911.25
-0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
61,525
+2.6%
Alle aandele
67,827
+2.2%
Hulpbronne 10
65,489
+1.7%
Industriële 25
80,203
+4.7%
Finansiële 15
15,428
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos