“Die kaalkoppe eet tesame. Die ligte gloei metaalagtig op die kaalgepoleerde krone. Dit laat jou dink aan eierdoppe, oopgekraak tot monsteragtige misgeboortes van drillende wange en monde.”
Met dié byna makabere woorde uit ’n Jan Rabie-kortverhaal het die TV-aanbieder, joernalis en skrywer Erns Grundling Dinsdagaand ’n driemanvertoning by die KKNK geopen.
Grundling, saam met die sanger en skrywer Koos Kombuis en die joernalis en skrywer Dana Snyman, is die driemanskap wat stories, herinneringe, liedjies en grappe deel tydens die feesproduksie Drie kaalkoppe kuier tesame wat dié week by die kunstefees te sien is.