Om in 2022 by die KKNK op Oudtshoorn op te tree is vir die rockgroep Spoegwolf soos ’n terugkoms, want dit is presies tien jaar nadat hulle begin het.
“Dit is amper asof ons die sirkel voltooi het,” sê Chris von Wielligh (28), wat die afgelope dekade kitaar en klavier speel vir Spoegwolf.
Saam met hom is die hoofsanger Danie du Toit (29), sy broer, Moskou (28, tromme), en ook Albert van der Merwe (29, baskitaar).