’n Spesiale Langenhoven-gedenklesing oor die digter en skrywer C.J. Langenhoven se roman Loeloeraai word vanjaar tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn aangebied.
Dit is gepas aangesien Langenhoven vanjaar 150 jaar gelede in 1873 gebore is en sy wetenskapsfiksieroman Loeloeraai in 1923, 100 jaar gelede, gepubliseer is. Dit word volgens verskeie bronne as die eerste wetenskapsfiksieteks in Afrikaans beskou. Hier verduidelik Langenhoven dekades voor Spoetnik hoe mense in die ruimte sou slaap en die belang van verwerkte kos. Daarby is die ekokritiek vervat in die roman ’n dure les vir die hedendaagse mens.
Die deelnemers aan die gesprek is: