Resensie: ‘Agulhasvlakte’ praat op vele vlakke met gehoor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
René Cloete en Kay Smith in ‘Agulhasvlakte’ op die KKNK.  Foto: Jaco Marais
René Cloete en Kay Smith in ‘Agulhasvlakte’ op die KKNK. Foto: Jaco Marais

Agulhasvlakte is so ongerep en beeldskoon soos die omgewing in die Overberg waar dit afspeel. Die dramaturg Herschelle Benjamin en die regisseur Kanya Viljoen het teater geskep wat op vele vlakke met sy gehoor praat. Dit is ’n eietydse blik op Suid-Afrika.

Die storie gaan oor twee susters, Milly en Amy, wat vervreem geraak het ná hul ouers se dood. Milly (Kay Smith) het agtergebly op die Overbergse blommeplaas waar seldsame fynbos soos die rooi sewejaartjie blom en Amy (René Cloete) het die blink liggies van die stad gaan verken, waar sy as ’n invloedryke bemarker op sosiale media ’n gawe bestaan voer.

Baie water het in die see geloop, albei het hulself goed in die lewe gevestig – en dan verskyn Amy plotseling op Milly se voorstoep op die familieplaas. Die verlede speel in op die hede soos ou griewe uitkom. Dit is nie kamermusiek nie, maar gaan oor die persoonlike en kollektiewe geskiedenis van wat dit beteken om ’n vrou en burger van Suid-Afrika te wees. ’n Land waar jou eiendom en jy elke oomblik in die visier is. Dit eis ook sy tol op die gees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 408/10
Bangladesh 234/10 & 53/3
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10 & 183/2
New Zealand 329/10 & 326/10
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.41
-0.1%
Rand - Euro
16.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.96
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos