Die reuseskip wat die Nasionale Kunstefees is, moet wéér van koers verander nadat alle Covid-19-regulasies Woensdagaand opgehef is.
“Ons werk nou teen ’n spoed om ons lokale aan te pas en ons digitale besprekingstelsel aan te pas,” sê Monica Newton, direkteur van die Nasionale Kunstefees, wat Donderdag in Makhanda (Grahamstad) begin.
Die fees is beplan vir lokale wat net die helfte van die kapasiteit kon vul. Daar word nou eerste op dié vertonings gefokus wat reeds uitverkoop is, om meer feesgangers nou te verwelkom.