Hy erken dis ’n waagstuk, maar Frans Swart, uitvoerende hoof van Lefra Produksies, glo Gauteng het die Oppilandfees nodig.
Daarom word dié “kuierfees”, waar meer as 30 kunstenaars optree, die naweek vir die eerste keer by die Stable Inn-konferensiesentrum in Springs aan die Oos-Rand aangebied.
Swart en die bestuurders van Stable Inn, Adri en Gunte Kommer, het die fees van drie dae lank begin, wat hoofsaaklik uit musiek bestaan.