’n Politieke kenner se stelling dat die meeste swart mense in Suid-Afrika nie bekwaam is om grond in Suid-Afrika kommersieel te bedryf nie, het vir ’n opskudding op ’n gespreksreeks op die Vrystaatse Kunstefees gesorg.
Prince Mashele, ’n politieke ontleder, se stelling dat die meeste swart landsburgers nie grond nodig het nie, is op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Denkleiers-gespreksreeks gemaak.
Hy is deur swart studente hieroor as “agterbaks” uitgekryt.