Die teaterskepper Sjaka S. Septembir is terug op die toneel met ’n nuwe aksieavontuur, Nag van die slang-uil, wat deel vorm van Snelstroom – ’n virtuele proeflopie van die Vrystaat Kunstefees.
Septembir vertel dat dié speurstorie, waarin ’n held sterk staan en in kletsrym praat, ironies genoeg uit teëspoed gebore is.
Net nadat Septembir en sy eerste vrou se paaie geskei het, was hy platsak in Kaapstad. Hy het ’n vriend se huis opgepas en in dié huis is die storie gebore.