Die Vrystaat is nou ook Spoegwolf se jagveld.
Dié rockgroep op almal se lippe het gisteraand hul treffer-album Koma in ’n volgepakte Kopanong-Kovsiekerk uitgevoer.
Die vier manne van Spoegwolf – Danie en Moskou du Toit, Albert van der Merwe en Chris vol Wielligh – is geliefd en word deur ’n verskeidenheid Bloemfonteiners bewonder.