Inskrywings vir die sesde Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel word amptelik weer ingewag.
Skrywers word genooi om splinternuwe Afrikaanse kortverhale van tussen 1 500 en 3 000 woorde vir publikasie in die bundel voor te lê.
Suksesvolle inskrywings sal met R5 000 beloon word, terwyl die skrywer van die wenverhaal danksy Du Toitskloof Wyne R30 000 in die sak sal steek.