As die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf sy eie rasieleiers gehad het, het Wayne Fitzjohn en Simon Swart die bedryf met pompons in die hand die luidste aangespoor. Dié vervaardigers van die Netflix-treffer I Am All Girls sê daar is ondanks die uitwerking van die Covid-19-pandemie steeds talle redes om optimisties oor die plaaslike rolprentbedryf te wees. Christiaan Boonzaier het na hul energieke aansporing geluister.
Die koronaviruspandemie het beslis die rolprentbedryf ’n stewige snotklap gegee – daarmee stry hulle nie.
Maar daar is ondanks yslike werks- en finansiële verliese nie ’n beter tyd as nou om moue op te rol, inhoud vir plaaslike én internasionale gehore te skep, en Suid-Afrika as een van die gewildste bestemmings vir die vervaardiging van rolprente te vestig nie.