Die rolprent Everything Everywhere All at Once is voor in die koor met benoemings vir die 95ste Oscars. Dit het 11 losgeslaan, terwyl die antioorlogdrama All Quiet on the Western Front en The Banshees of Inisherin elk nege benoemings ingehark het. Voorts het Elvis agt.
Everything Everywhere All at Once is onder meer as beste prent benoem, Michelle Yeo as beste aktrise, Daniel Kwan en Daniel Scheinert as beste regisseurs benoem.
Die benoemings vir die Oscars is deur die akteurs Riz Ahmed en Allison Williams bekend gemaak.