ROLPRENT 3: MARKUS EN DIE SON
Kan ek jou ’n storie vertel?
Markus word wakker in sy woonstel in Kaapstad. Met ’n blik op die toekoms, dink hy terug aan sy verlede – hoe hy en sy vrou saam hier beland het en hoe onwaarskynlik dit is dat twee mense mekaar ontmoet en ’n lewe saam begin. Dié kortfilm is as een skoot, sonder enige snitte of redigering verfilm. ’n Kortfilm oor die oomblik net ná ’n mens wakker word.